Thaise Paralimpiese atleet skiet vyf mense by sy troue, insluitend bruid

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding

THAILAND. – ’n Thaise Paralimpiese atleet het sy bruid en drie ander mense op sy troue doodgeskiet en toe homself.

Chaturong Suksuk (29) en Kanchana Pachunthuek (44) het Saterdag in Noordoos-Thailand getrou. Volgens die polisie het hy skielik die troue verlaat en met ’n vuurwapen teruggekeer. Hy het sy vrou, haar ma (62) en haar suster (38) doodgeskiet. Dwaalkoeëls het twee van die gaste getref wat na die hospitaal geneem is. Een is oorlede. Die bruidegom het homself daarna doodgeskiet.

Die polisie het aan BBC vertel Chaturong was glo “dronk” tydens die skietery, maar die eintlike rede vir die moorde is onbekend. Gaste het glo gesê die paar het ’n argument gehad oor sy vrees dat sy vrou hom vir ’n ander man oor sy gestremdheid gaan los.

Chaturong het as soldaat sy been in ’n ongeluk verloor. Hy het Thailand by die Paralimpiese Spele in swem en skiet verteenwoordig.

Die polisie is besig om die moorde te ondersoek.

Bronne: BBC, The Star, The Independent, Straitstimes

Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding