Lees ook: Israel-Hamas-oorlog – skietstilstand uitgestel
GAZA. – Die skietstilstand tussen Hamas en Israel om gyselaars te ruil is amper verby met vandag wat die laaste amptelike dag is van die 4-dag-skietstilstand wat Vrydag begin het.
Hamas het gesê hulle hoop om die skietstilstand te verleng na hulle gister nog 17 gyselaars bevry het in ruil vir 39 gevangenes uit Israel. Die groep het gesê hulle hoop om nog meer gyselaars vry te laat.
In die oorspronklike skietstilstandooreenkoms is gesê 150 Palestynse gevangenes sal bevry word in ruil vir 50 gyselaars. Dit is ook ooreengekom dat die skietstilstand met ’n addisionele dag verleng sal word vir elke addisionele 10 gyselaars wat Hamas vrylaat. Altesaam 240 gyselaars is ontvoer na Hamas op 7 Oktober vir Israel aangeval het.
Bronne: Stuff, First Post, The Guardian



