Israel-Hamas-oorlog – skietstilstand uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel en Hamas kom ooreen vir skietstilstand van 4 dae

GAZA. – Israel het die ooreengekome skietstilstand met Hamas vertraag en het gesê die vrystelling van gyselaars sal nie voor minstens Vrydag begin nie.

Hamas en Israel het ooreengekom om die gevegte vir vier dae te stop, waartydens minstens 50 vrouens en kinders deur Hamas vrygelaat sal word. Die ooreenkoms is ook vir elke 10 addisionele gyselaars wat vrygelaat word, sal daar ’n ekstra dag se skietstilstand wees.

In ruil sal Israel minstens 150 Palestynse vrouens en kinders vrylaat en toelaat dat Gaza hulp ontvang van buite af. Dit is onduidelik wat die vertraging veroorsaak het.

Hamas het minstens 240 gyselaars geneem toe hulle Israel op 7 Oktober aangeval het. Sowat 1 200 mense is in daardie aanval dood. Meer as 14 000 mense is in Gaza gedood in teenaanvalle deur die Israelse weermag.

Bronne: eNCA, CNN, EWN, Sky News

Lees ook: Israel en Hamas kom ooreen vir skietstilstand van 4 dae