Israel en Hamas kom ooreen vir skietstilstand van 4 dae

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel herroep sy ambassadeur in SA

GAZA. – Israel en Hamas het ’n ooreenkoms bereik vir ’n 4-dag-skietstilstand vir die vrylating van gyselaars.

Die ooreenkoms is sodat minstens 50 gyselaars (vrouens en kinders), wat deur Hamas ontvoer is, vrygelaat kan word in ruil vir 150 Palestynse gevangenes (ook vrouens en kinders).  

Deel van die ooreenkoms is ook dat trokke met mediese voorraad, brandstof en noodsaaklikhede toegelaat sal word om Gaza in te gaan.

Die skietstilstand sal binne die volgende 24 uur ‘begin’n aanvang neem.

Bronne: CNN, Financial Times, The Guardian

Lees ook: Israel herroep sy ambassadeur in SA