Israel herroep sy ambassadeur in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ramaphosa vra internasionale strafhof moet Israel vir oorlogsmisdade ondersoek

PRETORIA. – Israel het gisteraand hulle besluit om hulle ambassadeur in Suid-Afrika te herroep, bekendgemaak.

Die Israeliese regering het ambassadeur Eliav Belotserkovsky herroep vir “konsultasie” na die “nuutste stellings van Suid-Afrika”, het die Israeliese buitelandse ministeriële woordvoerder op X geskryf.

Israel se besluit om Belotserkovsky te herroep, volg voor die parlement vandag sou stem oor die EFF se mosie om die Israeliese ambassade in Suid-Afrika te sluit en die diplomatieke verhouding met Israel te verbreek.

Die regering het onlangs alle diplomate uit Tel-Aviv herroep en het ’n démarche – ‘n ernstige diplomatieke teregwysing – aan Belotserkovsky uitgereik. Die ANC het ook die Israeliese eerste minister na die internasionale strafhof vir ondersoek verwys.

Bronne: Daily Maverick, IOL, Jacaranda FM

Lees ook: Ramaphosa vra internasionale strafhof moet Israel vir oorlogsmisdade ondersoek