HAZELMERE, KZN. – ‘n Man (33) is Vrydagoggend vir die beweerde moord van sy ma, Daw Kerr (72), in hegtenis geneem.
Prem Balram van Reaction Unit South Africa sê ‘n polisiebeampte wat in die omgewing woon en van diens was, het Vrydagoggend vir hulp oor die verdwyning van ‘n bejaarde vrou gebel.
Met aankoms op die toneel het paramedici die gedeeltelik ontbinde liggaam van die bejaarde vrou op ‘n bed in ‘n gehuurde kamer aangetref. Die seun het beweer sy is aan natuurlike oorsake oorlede.
Ander inwoners op die perseel het gesê hulle het die oorledene die Dinsdag laas gesien. Hulle sou oor haar uitvra, maar haar seun het aanhoudend verskonings gehad oor hoekom sy nie gepla wil word nie. Hulle het egter Vrydagoggend aangedring om haar te sien toe ‘n reuk uit die kamer hulle laat vermoed het sy is dood. In hierdie stadium het hulle die polisieman wat van diens was vir hulp genader.
Die seun het verskillende weergawes van sy ma se dood gehad. Hy het bevestig sy ma woon in South Beach in Durban waar brose individue versorg word. Sy het hom twee weke vantevore gaan besoek. Hy het glo besluit om haar die Dinsdag te bad en beweer sy het geweier. Hy het haar glo in ‘n oomblik van woede gestoot, waarna sy geval en beserings aan haar kop opgedoen het. Volgens hom het hy haar aangetrek en op die bed gesit voordat hy die bloed in die badkamer skoongemaak het. Hy het glo toe die eiendom verlaat en later gevind dat sy dood is.
Die seun het niemand van haar afsterwe ingelig nie en het vir drie aande met haar ontbindende liggaam in die kamer gebly. Hy het die huis gereeld verlaat en smiddae teruggekeer.
Hy is in hegtenis geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



