KIMBERLEY.- Die Sol Plaatje-munisipaliteit het aangekondig Kimberley se water sal tot Saterdag af wees. Dit volg na twee groot lekke by die pype naby Roodepan ontdek is.
Die water is Dinsdag onverwags afgesit na die eerste lekkasie ontdek is. Sol Plaatje het gesê hulle sal water aan inwoners deur watertenkers voorsien.
Die munisipaliteit het om verskoning gevra vir die kort kennisgewing en het gesê hulle sal inwoners op hoogte van die situasie hou.
Bronne: Sol Plaatje Municipality
Lees ook: Kimberley se water bly af



