Lees ook: Parlement stem om Israel se ambassade toe te maak
KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het vanoggend aangekondig Kimberley se water is steeds af.
Daar is gister ’n lekkasie op ‘n 900 mm-pyp naby Roodepan ontdek en ’n tweede lekkasie op ‘n 600 mm-pyp vanoggend. Volgens die munisipaliteit word daar aan die pyplyne gewerk en inwoners sal oor die vordering op hoogte gehou word.
Die munisipaliteit het ook gesê daar word beplan om water aan inwoners deur watertenkwaens te voorsien.
Bronne: Kimberley Portal, Sol Plaatje Municipality



