Lees ook: Israel en Hamas kom ooreen vir skietstilstand van 4 dae
PRETORIA. – Die parlement het die mosie om diplomatieke verhoudings met Israel af te sny en die Israeliese ambassade in Suid-Afrika te sluit, aanvaar.
Daar was 248 stemme ten gunste van die mosie en 91 stemme teen die mosie. Die mosie is deur die ANC, Nasionale Vryheidsparty, Al-Jamah, Die African Transformation movement en Pan-Africanist Congress of Azania ondersteun.
Die DA, IFP, African Christian Democratic Party en Vryheid Front Plus het teen die mosie gestem.
Israel en Hamas het intussen ’n ooreenkoms vir ’n skietstilstand van vier dae bereik om gyselaars uit te ruil.
Bronne: The Citizen, EWN, eNCA
Lees ook: Israel en Hamas kom ooreen vir skietstilstand van 4 dae



