Lees ook: Eskom kondig fase 4-beurtkrag aan
MIDDELBURG. – Die bedrog-en-korrupsie-saak teen die voormalige Eskom-baas, Matshela Koko, en sy 18 medebeskuldigdes, is gister van die rol geskrap.
Daar was onredelike vertragings in die saak teen Koko en sy medebeskuldigdes., is deur die hof bevind. Die saak was verwant aan biljoene rande se kontrakte vir werk by die Kusile-kragstasie wat aan maatskappye gegaan het wat aan Koko se familie en vriende behoort het.
Die landdros het gesê die NPA gaan ’n brief aan die nasionale direkteur vir openbare vervolging skryf vir die saak om weer op die rol te kom sodra uitstaande aspekte van die ondersoek voltooi is.
Koko het aan die media gesê hy is geteiken en die sake teen hom was as gevolg van “haat” teenoor hom.
Bronne: Jacaranda FM, EWN, The Citizen
Lees ook: Eskom kondig fase 4-beurtkrag aan



