Kenners se raad vir koel bly in hitte

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hittegolfwaarskuwing vir verskeie provinsies uitgereik

Verskeie gesondheidskenners het die publiek gewaarsku om versigtig te wees in die hittegolf wat die land die week getref het.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het vroeër die week gewaarsku oor ‘n hittegolf in verskeie provinsies. Hulle het ook gewaarsku oor ‘n buitengewone hoë sonbrandindeks.

Mense word gewaarsku om uit die son te bly en ligte, los klere aan te trek om oormatige sweet te voorkom. Genoeg water moet ook gedrink word om dehidrasie te vermy.

Ouer mense, kinders, babas en swanger vrouens moet dopgehou word in die hitte, want hulle kan gouer dehidreer of sonsteek opdoen.

Gebruik sonskermroom om jou vel te beskerm en dra ‘n hoed. Bly so ver moontlik binneshuis in vertrekke met lugverkoeling Moet onder geen omstandighede kinders of troeteldiere in warm voertuie los nie.

Bronne: IOL, The Citizen, SA People

Lees ook: Hittegolfwaarskuwing vir verskeie provinsies uitgereik