Lees ook:Polisiebeampte dood na roof by juwelierswinkels
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het teen hittegolwe vir vyf provinsies dié week gewaarsku.
’n Hittegolfwaarskuwing is vir Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga uitgereik.
Die Johannesburg- nood mediese diens het inwoners gewaarsku om vandeesweek tussen 11:00 en 15:00 uit die son te bly.
Inwoners van die provinsies word gewaarsku om water te drink en direkte sonlig te vermy. Hulle word ook aangeraai om buitenhuise aktiwiteite te beperk.
Bronne: IOL, SABC, The Citizen