Altesaam 65 ‘aanhitsers’ van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte dood na roof by juwelierswinkels

DURBAN. – Altesaam 65 persone wat na bewering aanstigters van die Julie 2021-onrus was, het Vrydag in die Durban-landdroshof verskyn.

Die staat het aanklagtes van terrorisme, sameswering om moord te pleeg en oproer bygevoeg by die aanvanklike aanklagtes van sameswering om openbare geweld te pleeg en aanhitsing van openbare geweld.

Die saak is tot 30 Januarie uitgestel wanneer die beskuldigdes hulle eerste verskyning in die Durbanse hooggeregshof sal maak.

Bronne: The Citizen, Daily Maverick, All Africa

Lees ook: Polisiebeampte dood na roof by juwelierswinkels