Lees ook: Altesaam 65 aanhitsers van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla
Die drukgroep Public Interest South Africa wil hê banke en senior uitvoerende bestuurders wat die rand-dollar-wisselkoers manipuleer het, moet swaar gestraf word.
Dit volg na nuus verlede week bekend gemaak is dat 28 banke deur die Mededingingskommissie daarvan beskuldig is dat hulle die rand tussen 2007 en 2013 manipuleer het. Die Mededingingskommissie het gesê die banke het in daardie tydperk elke dag ’n triljoen rand gemaak .
Standard Chartered Bank het sy aandeel in die gekonkel erken en het ’n boete van R42.7 miljoen betaal. Vyf ander banke het ook skuld erken, terwyl die res hof toe is om uit te vind of die Mededingingskommissie hulle kan aankla.
Public Interest SA het gesê hulle wens owerhede wil die banke en bestuurders erger straf om te keer dat nog mense betrokke raak in soortgelyke misdrywe wat die ekonomie beïnvloed. Hulle het gesê hulle wil eintlik hê ’n wet moet gemaak word sodat die bestuurders van die maatskappye wat oortree, ook gestraf word.
Bronne: SABC, EWN, Public Interest SA
Lees ook: Altesaam 65 aanhitsers van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla