Lees ook: ANC wil hê banke betrokke by randmanipulasie moet aangekla word
DURBAN. – ’n Polisiebeampte is gister dood na ’n groep rowers twee juwelierswinkels by die Pavilion-winkelsentrum in KwaZulu-Natal beroof het.
‘n Polisieman is buite die winkelsentrum geskiet en na die naaste hospitaal geneem. Hy is kort daarna oorlede. Twee vrouens is by een van die juwelierswinkels deur die rowers aangeval. Die vrouens, een swanger, is op die toneel behandel en na die naaste hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die polisie is besig om die voorvalle te ondersoek. Nadere besonderhede oor die gebeure is onbekend.
Bronne: eNCA, The Citizen, ECR
Lees ook: ANC wil hê banke betrokke by randmanipulasie moet aangekla word



