Lees ook: Banke kry glo triljoene deur beweerde manipulasie van die rand
Die ANC het gesê banke betrokke in die manipulasie van die rand tussen 2007 en 2013 moet krimineel aangekla word.
Die ANC- nasionale woordvoerder het gesê banke wat betrokke was by die manipulasie van die rand het die ekonomie gesaboteer en moet aangekla word daarvoor.
Hy het gesê die R42.7 miljoen boete wat Standard Chartered Bank ontvang het, was te lig. Kriminele klagtes moet teen die banke gebring word.
Altesaam 28 banke is in die skandaal genoem. Vyf het hulle aandeel in die manipulasie erken en die res wil uitvind of die Mededingingskommissie hulle kan aankla.
Die EFF het ook ’n oproep gedoen vir aksie teen die banke.
Bronne: IOL, The Africa, Ghanamma
Lees ook: Banke kry glo triljoene deur beweerde manipulasie van die rand