KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (36) is vanmiddag dood en ‘n werkskollega beseer toe hulle ‘n 24 000 liter dieseltenk by ‘n skrootwerf gesny en dit ontplof het.
Reaction Unit South Africa sê verskeie oproepe vir hulp is ontvang, waarna reaksiebeamptes en paramedici omstreeks 15:54 op die toneel aangekom het.
Daar kon vasgestel word die twee werknemers het glo die leë dieseltenk met ‘n gasvlam gesny en dit het ontplof. Die oorledene is deur ‘n groot stuk van die silinder getref en het veelvuldige traumatiese beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die kollega is vir tweedegraadse brandwonde aan sy arms, bene en gesig op die toneel behandel en daarna vir verdere mediese hulp per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



