LIMPOPO. – ‘n Man het by die ingang van Northam-kliniek in die Waterberg-distrik gesterf nadat sekuriteitspersoneel hom na bewering toegang tot mediese hulp geweier het.
Thilivhali Muavha, woordvoerder vir die LUR, Phopi Ramathuba, en Derick Kganyago, waarnemende departementele woordvoerder van die gesondheidsdepartement in die provinsie, sê ‘n ondersoek is na die man se sterfte geloods.
Die oorledene, wat kritiek siek was, is volgens ‘n voorlopige ondersoek omstreeks 03:00 die oggend deur familie vir mediese hulp na die kliniek geneem.
In stede daarvan om die man, wat glo uit alle openinge van sy liggaam gebloei het, tot die kliniek toe te laat, het die sekuriteitswagte hom glo weens beurtkrag toegang na die kliniek geweier. Hulle wou hom egter kontakbesonderhede vir nooddienste gee.
Met aankoms van ‘n ambulans was hy reeds dood.
Verpleegpersoneel wat by die kliniek aan diens was, is eers ná sy afsterwe ingelig.
“While we are still waiting for the full report on what transpired, we are hurt, saddened, and equally angered by the allegations. Denying access to healthcare services contradicts our commitment to upholding basic human rights. We reiterate our plea to security guards to adhere to their duties and refrain from triaging patients, a responsibility outside their expertise. Our heartfelt condolences go to the family of the deceased,” sê LUR Phophi Ramathuba.
Bron: Departement van gesondheid Limpopo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



