KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (52) is Sondagaand in Hazelmere tereggestel waar hy buite sy huis in sy voertuig gesit het.
Reaction Unit South Africa is omstreeks 21:39 gebel nadat inwoners die man se liggaam in die bestuurdersitplek van sy wit Chevrolet Captiva aangetref het.
Met aankoms op die toneel is daar aan reaksiebeamptes vertel die slagoffer het glo buite sy huis geparkeer toe hy geskiet is. Sewe afgevuurde 9 mm-patroondoppies is op die toneel gevind.
Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog nie vasgestel nie.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



