GAUTENG. – ‘n Student (21) is as verdagte in die moord op Kirsten Kluyts (34), ‘n onderwyseres wat op 29 Oktober 2023 dood gevind is, in hegtenis geneem.
Lt.genl. Elias Mawela het speurders van Sandton vir die deurbraak wat hulle met deeglike ondersoek en die samewerking van 24/7 Security Management gekry het, geprys.
Die verdagte is ‘n student aan ‘n tersiêre instelling in Sandton, en is vandag omstreeks 16:00 in ‘n studentewoning in hegtenis geneem.
Die verdagte sal vir moord aangekla word en binnekort in die hof verskyn.
FiND iT het voorheen soos volg berig:
Kirsten Kluyts (34), ‘n onderwyseres van Hoërskool Deltapark in Johannesburg, se lewelose liggaam is op 29 Oktober deur ‘n verbyganger aan die kant van ‘n drafpaadjie in die George Lea-park in Parkmore gevind.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die omstandighede van die onderwyseres se moord word deur die polisie ondersoek. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



