SASELAMANI, LIMPOPO. – Rolentia Chauke (29) is Saterdag tydens ‘n voorval van beweerde huishoudelike geweld in ‘n plas bloed in ‘n RDP-huis in Mhinga gevind. ‘n Man (34) het hom glo aan ‘n boom opgehang. Die voorval het in die 16 Dae van Aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders, wat Vrydag geloods is, plaasgevind.
Brig. Hlulani Mashaba sê die polisie het ‘n klag oor die voorval by die egpaar se huis ontvang en na die toneel gehaas. Die vrou se liggaam is met oop wonde aan haar gesig in ‘n plas bloed gevind. Haar hande was met ‘n tou vasgebind. Nooddienspersoneel het haar dood verklaar.
Die polisie het tydens die ondersoek ‘n pik met bloedvlekke agter ‘n deur ontdek. Daar word vermoed dit is tydens die gruwelike voorval gebruik.
Later het die polisie ‘n klag van ‘n man wat aan ‘n boom hang, gekry. Die oorledene, ‘n Mosambieker, is ‘n verdagte in die moord op die vrou.
Die oorledene is deur die naasbestaandes geïdentifiseer.
Mashaba sê die polisie se onderssoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



