Seun (6) kritiek na motor hom stamp

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Jong seun (6) het Sondag kritieke beserings opgedoen toe hy deur ‘n ligte motorvoertuig gestamp is.

Kimberly Liell-Kock van Medi Response sê met aankoms op die toneel is vasgestel die seun is kritiek en het uitgebreide stabilisering nodig alvorens hy vervoer kon word.

Medi Response Paramedics en Lenmed Advanced Life Support-paramedici het saam na die seun omgesien. Volgens Liell-Kock het hy wêreldklas kritieke sorg van die toneel waar hy beseer was tot by die hospitaal se chirurgiese eenheid ontvang.

Paramedici het met die hospitaal gekommunikeer, wat die betrokke spesialisafdelings geaktiveer en vir die seun se aankoms voorberei het. Dit het vinnige toegang tot diagnostiese toetse en onmiddellike spesialissorg moontlik gemaak.

Naas die pasiënt se sorg sal die gesin ook traumaberading in die hospitaal ontvang om hulle gedurende die moeilike tyd te ondersteun.

“Ons gedagtes is by die pasiënt en sy gesin terwyl hulle die pad na herstel aanpak.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel