DURBAN, KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleuterseun (3) is gisteraand ernstig beseer toe ‘n pitbull hom net na 18:30 in Watsonia-weg in die Bluff, suid van Durban, aangeval het.
Garrith Jamieson sê ALS Paramedics het na verskeie oproepe dadelik na die toneel gehaas.
Met aankoms het omstanders probeer om die hond te beheer.
“Die 3-jarige seun se ma het hom na ons paramedici gebring.”
Jamieson sê die kleuter het ernstige beserings opgedoen en moes eers op die toneel stabiliseer word voordat hy vir dringende mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
In hierdie stadium is die oorsaak van die aanval onbekend, maar die SAPD was op die toneel en sal verder ondersoek instel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



