Twee dood toe ligte vliegtuig val

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Volgens Yusuf Abramjee het ‘n ligte vliegtuig nie ver van Sunderland Ridge nie in Centurion geval. Twee persone het gesterf volgens sy plasing op sy X-profiel.

Emer-G-Med sê paramedici en wetstoepassingsowerhede het vanoggend net na 08:00 na die toneel gehaas.

Die ligte vliegtuig het in ‘n veld geval. Beide die insittendes is op die toneel dood verklaar.

Ondersoek word gedoen.

Dit is die derde voorval in ‘n kort bestek van dae waarin ‘n vliegtuig of helikopter betrokke is.

Een van die voorvalle was in Lohatla in die Noord-Kaap en een in Midrand:

Lees meer oor die Midrand-voorval waartydens twee persone beseer is hier: https://find-it.co.za/2023/11/24/2-in-midrand-helikopterongeluk-beseer/

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel