Kyk: Klein Kwagga sedert beroemde danspassies volksbesit – op AIG-verhoog

Deel hierdie storie / Share this story
@lize_marie_k Klein Kwagga by Afrikaans is Groot 2023! #kleinkwagga #webbelliscup #springbokke #afrikaansisgroot #AIG ♬ original sound – Lize_Marie_K

Dircko Jansen van Niewenhuizen, oftewel Klein Kwagga, het sedert hy verlede naweek sosiale media aan die brand gedans het op maat van Bernice West se treffer Lyfie geen tekort aan belangrike afsprake nie.

Hy het nie net ‘n paar van sy gunstelinge in die musiekbedryf ontmoet nie, maar was ook op die AIG 2023-verhoog waar hy saamgesing en daarna die Webb Ellis-trofee wat deur die konsertgangers gedra is, begelei het.

Die video is deur @Lize_Marie_K op TikTok gedeel.

Die jong seun kan op sy eie Facebook-blad, Youtube en TikTok-blad gevolg word. Sy aanvanklike video is reeds miljoene keer gekyk.

In die volgende dansvideo’s deur Pretoria FM en Jacaranda FM spreek die volwassenes se gesigte boekdele oor die jong seun wat ‘n nasie se harte verower het en so vol selfvertroue langs hulle dans.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel