Ma en dogter vir ‘ontvoering’ vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ‘n Ma en dogter is vir die beweerde ontvoering van ‘n jongman vasgetrek. Hy is op 20 November omstreeks 13:00 laas deur sy ma gesien toe ‘n groep verdagtes, twee vroue en ses mans, hom weens beweerde diefstal gekonfronteer het.

Adj.off. Mmako Mophiring sê die jongman is nie weer gesien nie.

Inligting van lede van die gemeenskap het die soektog na Liebenbergsvleirivier geneem waar hy glo gesien is waar hy aan ‘n boom vashou. Ten spyte van ‘n soektog is hy nog nie gevind nie.

Die soektog sal Maandag hervat word, terwyl die ma en dogter vir beweerde klagtes van ontvoering en regsverydeling in die Bloemfontein-landdroshof sal verskyn.

Die ander verdagtes word steeds deur die polisie gesoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel