KWAZULU-NATAL. – Andy Kerr (32) wat van sy ma se moord verdink word en Vrydag in hegtenis geneem is se saak is tot 27 November vir ‘n formele borgaansoek in die Verulam-landdroshof uitgestel. Hy bly in aanhouding. Kerr het glo vir drie dae saam met sy ma, Dawn Millar Kerr, se gedeeltelik ontbinde liggaam in sy gehuurde kamer gebly voordat sy ontdek is.
Miller het op 31 Oktober die volgende drie plasings en foto’s op sosiale media gedeel:
“My son Andy recently moved to rural KwaZulu-Natal and left his job to pursue his passion in Non-profit community outreach and agriculture
he’s been funding his new venture as well as taking care of himself and his cat from the proceeds of his artwork sales and PR consulting work ![]()
he has been making some stunning art creations and designs
. – please make sure to support Andy if you need anything artistic
********** very proud of my boy
“
“Hi friends it has been a while since I’ve posted on Facebook. I’ve also been off of WhatsApp in the recent year after my phone was stolen. I’m available now on a new number **********. Please drop me a message with your numbers, I would love to get in contact with everyone again!”
“I took a few weeks out from Durban to go spend with Andy and his Cat Harley out in rural KZN, he’s recently just moved home and started his own business. We’ve had some great quality time together despite the rainy weather
“
Op 29 September het Andy Kerr die volgende op sosiale media gedeel: “always keep a portion of my drinking budget aside for bail money, just in case neh ![]()
espcially when you have a tolerance for alcohol as high as mine and emotional temperament of a bull in a China shop, you never f*cken know what might happen next in life ![]()
![]()
so im at least mature and adult enough to plan ahead and save up for my bribes
#ResponsibleAF“
In kommentaar van een van die plasings en ‘n foto van Dawn en Andy wat sy gedeel het, het Martie van Zijl soos volg reageer:
“Hanne Lewendon just a pity the one and only beloved son, the one who she loved so much, the one who she was so happy with and proud off . The one She bragged oubout.. The son with more than 6k followers…. Killed his own mother within a blink of an eye. As I noticed she loved him very much. Dear Dawn you did your best and was a lovely person and mother. I’m so sorry for what you went through. This is so heart breaking. Please be at peace. ![]()
![]()
![]()
![]()
“
FiND iT het voorheen soos volg berig:
HAZELMERE, KZN. – ‘n Man (33) is Vrydagoggend vir die beweerde moord van sy ma, Daw Kerr (72), in hegtenis geneem.
Prem Balram van Reaction Unit South Africa sΓͺ ‘n polisiebeampte wat in die omgewing woon en van diens was, het Vrydagoggend vir hulp oor die verdwyning van ‘n bejaarde vrou gebel.
Met aankoms op die toneel het paramedici die gedeeltelik ontbinde liggaam van die bejaarde vrou op ‘n bed in ‘n gehuurde kamer aangetref. Die seun het beweer sy is aan natuurlike oorsake oorlede.
Ander inwoners op die perseel het gesΓͺ hulle het die oorledene die Dinsdag laas gesien. Hulle sou oor haar uitvra, maar haar seun het aanhoudend verskonings gehad oor hoekom sy nie gepla wil word nie. Hulle het egter Vrydagoggend aangedring om haar te sien toe ‘n reuk uit die kamer hulle laat vermoed het sy is dood. In hierdie stadium het hulle die polisieman wat van diens was vir hulp genader.
Die seun het verskillende weergawes van sy ma se dood gehad. Hy het bevestig sy ma woon in South Beach in Durban waar brose individue versorg word. Sy het hom twee weke vantevore gaan besoek. Hy het glo besluit om haar die Dinsdag te bad en beweer sy het geweier. Hy het haar glo in ‘n oomblik van woede gestoot, waarna sy geval en beserings aan haar kop opgedoen het. Volgens hom het hy haar aangetrek en op die bed gesit voordat hy die bloed in die badkamer skoongemaak het. Hy het glo toe die eiendom verlaat en later gevind dat sy dood is.
Die seun het niemand van haar afsterwe ingelig nie en het vir drie aande met haar ontbindende liggaam in die kamer gebly. Hy het die huis gereeld verlaat en smiddae teruggekeer.
Hy is in hegtenis geneem.

Bronne: Reaction Unit South Africa, IOL, Andy Kerr-en Dawn Kerr Facebook-bladsye
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



