Ma en kinders slagoffers van huisroof

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Ma en haar kinders is na bewering Woensdag omstreeks 19:30 in Madiba Park by die huis beroof, waarna ‘n insense soektog om die verdagtes op te spoor, geloods is.

Brig. Hlulani Mashaba sê verslae dui aan ‘n ma het buite haar huis gesit, terwyl haar kinders binne was. Vier gewapende aanvallers, waarvan twee met vuurwapens, een met ‘n mes en die vierde ‘n byl, het skielik verskyn. Die verdagtes het die ma gedreig en met geweld die huis binnegedwing. Terwyl hulle geld geëis het, is die huis geplunder. Waardevolle items, insluitend ‘n televisie, skootrekenaar, twee selfone en bankkaarte, ter waarde van R20,000, is gesteel.

Na die roof het die verdagtes die slagoffer en haar kinders in ‘n kamer toegesluit en te voet gevlug. Die polisie is in kennis gestel en ‘n saak van huisroof is geopen. Geen beserings is aangemeld nie.

“Ons moedig enigiemand met inligting oor hierdie voorval aan om vorentoe te kom,” het Mashaba gesê,

Terwyl die soektog na die verdagtes voorduur, kan adj.off. Mohlabi, die ondersoekbeampte, by 082 344 7716 gebel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel