Ses verdagtes na huisroof vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

HAMMONDS FARM, KWAZULU-NATAL. – Ses verdagtes tussen 17 en 21 jaar oud is Donderdagoggend deur reaksiebeamptes na ‘n beweerde huisroof in hegtenis geneem. ‘n Replikavuurwapen wat tydens die beweerde rooftog gebruik is, is by die verdagtes gevind.

Reaction Unit South Africa het na ‘n oproep van die Waterloo-slagoffer om die verdagtes te help vastrek, vinnig opgetree. ‘n Suksesvolle operasie is vanoggend in Hammonds Farm uitgevoer toe vier verdagtes in ‘n dupleks vasgetrek is. Nog twee verdagtes is in die plafon van die dupleks gevind. Een van die verdagtes het deur die plafon geval en is liggies beseer.

Volgens die slagoffer het gewapende verdagtes in die vroeë oggendure die huis betree. Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen en sy makkers messe gehad,. Hulle het die familie aangehou terwyl hulle met ‘n TV, selfone en identiteitsdokumente gevlug het.

Tydens ondervraging het die verdagtes glo die beweerde rooftog erken en gesê hulle het die gesteelde items in Durban verkoop. Die identitetisdokumente is aan ‘n Pakistani-burger wat in vervalste dokumente spesialiseer verkoop. Die verdagtes, waarvan twee graad 12-leerlinge is, word aan verskeie beweerde huisrowe verbind.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel