DBV red vyf mishandelde robbe uit Houtbaai-hawe

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: De Beers ondersoek grondbeweging by Kimberley se Groot Gat

Die Kaap die Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n hofbevel van die Wynberg-landdroshof verkry vir die beslaglegging op vyf volwasse robbe wat aan misbruik en uitbuiting by die Houtbaai-hawe onderwerp is. 

Volgens die DBV se persverklaring, het hierdie robbe verskeie onwettige aktiwiteite verduur, insluitend houe en slae, oorvoeding en is gedwing om aan verskeie fisiese interaksies vir finansiële gewin met mense deel te neem. Die DBV het genoem dat hierdie aksies onwettig is en ook moreel verkeerd is.

Die DBV se span het die robbe 900 km ver op ‘n onbekende plek hervestig vir hulle eie beskerming, in die hoop dat hulle nie weer hul pad na die hawe sal kan vind nie.

#Robbe #Houtbaai #Afrikaans #Nuus #Newsfeed

Bronne gebruik: CapeTalk; News24; Kaap van Goeie Hoop DBV se persverklaring (13 November 2023).