Man wat vrou by CPUT steek se saak uitgestel vir borg

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie! Video-opname in berig

WES-KAAP. – Ntembeko Myalo het gister vir poging tot moord in die Bellville-landdroshof verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die saak is vir ‘n borgaansoek tot 20 November uitgestel.

Die hofsaak spruit uit ‘n voorval Saterdagmiddag by wooneenhede vir studente in Belhar toe Myalo ‘n vrou met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Die insident is op video op sosiale media versprei.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

KAAPSTAD. – In video-opnames wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ‘n man (30) ‘n vrou (26) Saterdagmiddag herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp in Belhar in ‘n wooneenheid vir studente steek.

Kapt. Frederick van Wyk sê die Belhar-polisie ondersoek die poging tot moord en wat aanleiding tot die voorval gegee het. Van Wyk sê die man is in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Die slagoffer is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem.

In die reeks opnames kan gesien word hoe die man deur omstanders genader, in nog een aangerand word en dan in hegtenis geneem word.

Volgens IOL het Lauren Kansley, woordvoerder vir CPUT gesê die beseerde vrou sterk in die hospitaal aan nadat sy met ernstige beserings vir ‘n noodoperasie na Tygerberg-hospitaal geneem is. Die man is bekend aan die slagoffer en ‘n student aan ‘n naburige universiteit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel