Lees ook: Minister ontken bewerings van R500 miljoen omkoopskandaal
Die sakeman wat verlede week gesê het ministers Thulas Nxesi, Enoch Godongwana en Blade Nzimande, asook die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het hom gevra vir omkoopgeld, staan by sy aantygings.
Sakeman Mthunzi Mdwaba het in ’n onderhoud met eNCA gesê die dreigemente van regsaksie doen niks aan hom nie, want hy het bewyse daarvan dat hulle hom vir R500 miljoen gevra het. Mdwaba het ook geweier om om verskoning te vra.
Mbalula het ’n saak van crimen injuria teen Mdwababy by die Sandton-polisiestasie oopgemaak. Die ministers het ook gedreig om wetlike aksie teen hom te neem en al vier eis hy moet om verskoning vra.
Al die betrokke ministers en Mbalula het die aantygings teen hulle ontken.
Bronne: IOL, The Pink Brain, The Africa, Briefly
Lees ook: Minister ontken bewerings van R500 miljoen omkoopskandaal