Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie
KAAPSTAD. – In video-opnames wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ‘n man (30) ‘n vrou (26) Saterdagmiddag herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp in Belhar in ‘n wooneenheid vir studente steek.
Kapt. Frederick van Wyk sê die Belhar-polisie ondersoek die poging tot moord en wat aanleiding tot die voorval gegee het. Van Wyk sê die man is in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Die slagoffer is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem.
In die reeks opnames kan gesien word hoe die man deur omstanders genader, in nog een aangerand word en dan in hegtenis geneem word.
Volgens IOL het Lauren Kansley, woordvoerder vir CPUT gesê die beseerde vrou sterk in die hospitaal aan nadat sy met ernstige beserings vir ‘n noodoperasie na Tygerberg-hospitaal geneem is. Die man is bekend aan die slagoffer en ‘n student aan ‘n naburige universiteit.
Bronne: SAPD, IOL, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



