Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel stem in om daagliks operasies te stop sodat Gaza-burgers kan vlug

GAZA. – Die Al-Shifa-hospitaal in Gaza is nie meer funksioneel nie na ’n vuurpyl die gebied getref het en die kragopwekker van die fasiliteit laat afgaan het.

Die hoof- plastiese chirurg by die hospitaal het gesê drie babas wat vroeg gebore is, is Saterdag dood na die opwekker afgegaan het en hulle broeikaste ophou werk het.

Die dokter het gesê die kragtoevoer is Sondag herstel, maar daar is steeds kommer dat nog mense kan sterf oor die bomme wat aanhou val.

Owerhede in die hospitaal het gesê twee pasiënte is Sondag in die intensiewesorgeenheid dood na komplikasies veroorsaak deur die kragonderbreking as gevolg van die bomme.

Bronne: ABC News, Daily Maverick, CNN

Lees ook: Israel stem in om daagliks operasies te stop sodat Gaza-burgers kan vlug