Israel stem in om daagliks operasies te stop sodat Gaza-burgers kan vlug

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Skietstilstand moontlik tussen Israel en Hamas om gyselaars te bevry

GAZA. – Israel se weermag het ingestem om daagliks vir ’n paar uur hulle operasies te stop sodat die burgers van Gaza kan vlug.

Israel het ingestem om vir vier uur hulle operasies in sekere gebiede te staak. Sowat 50 000 mense kon Woensdag suid van waar die gevegte is, vlug.

Die Islamitiese Djihad, die tweede grootste militante groep naas Hamas, het gesê hulle is gereed om twee gyselaars in Gaza vry te laat. Hulle het gesê hulle sal ’n bejaarde vrou en jong seun vir “gesondheidsredes en humanitêre” redes laat gaan. Voorts het hulle gesê hulle sal die twee gyselaars vrylaat sodra omstandighede reg is.

Bronne: Daily Maverick, NY Post, The Guardian

Lees ook: Skietstilstand moontlik tussen Israel en Hamas om gyselaars te bevry