Kyk: Westlife vereer Springbokke tydens Kaapstad-konsert

Deel hierdie storie / Share this story

Westlife, immergewilde internasionale boy band van Ierland het Woensdagaand tydens hulle Wild Dreams Tour se eerste konsert in Grandwest in Kaapstad verras deur tydens hul optrede in Springboktruie te sing.

Verskeie video’s en foto’s word deur hul aanhangers in Suid-Afrika gedeel.

Nicky Byrne, ‘n gesoute sokkerspeler, het die skare gelei deur hulle “Champions” te laat uitroep.

Die groep was eers as ‘n “seunsgroep” bekend gestaan, maar is nou heelwat ouer. Hulle het hulle ontstaan in 1998 gehad. Sedertdien kon hulle met 11 nommer 1-albums, altesaam 16 nommer 1-enkelsnitte en 34 top-50-enkelsnitte spog. Die groep het 55 miljoen albums verkoop en is twee keer in die Guinness World Records aangeteken. Hulle het gedurende 2012 opgebreek en weer in 2018 die groep gevorm. Dit lyk nou of hulle ‘n “kanniedood” groep is met hul besondere ballades en popliedjies wat wêreldwyd bekend is. Hulle het ook verskeie musiektoekennings in die industrie ingepalm.

Kian Eagen, Mark Feehily en Shane Filan is skoolvriende afkomstig van Sligo. Daar was eers ander lede in die groep toe hulle Westside geheet het. Nicky Byrne en Brian McFadden het na oudisies in Dublin by die groep aangesluit, waarna McFadden die groep gedurende 2004 verlaat het.

Dit blyk asof die Iere, wat ekstra konsertdatums in Suid-Arika moes byvoeg, se gewildheid net toeneem. Na die Kaapstadse optrede is hulle van 3 tot 5 November in die SunBet-arena in Pretoria te sien.

Shane Filan het ‘n foto van hom en sy twee seuns gedeel waar hulle op Tafelberg oor Kaapstad uitkyk, Kian Eagen met die SA-vlag, Nicky Byrne in die Springboktrui en Mark Feehily in gemaklike luim

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel