Lees ook: All Blacks soek antwoorde oor skeidsregter se besluite in finale wedstryd van RWB
Wayne Barnes, die wêreld se mees ervare skeidsregter, het gister sy uittrede aangekondig na hy die skeidsregter by vyf Wêreldbeker-rugbytoernooie was.
Barnes was verlede week die blaser by die finaal tussen die Springbokke en All Blacks. Hy is na die wedstryd baie gekritiseer oor beslissings en het glo selfs doodsdreigemente ontvang. Sy vrou Polly het tot sy verdediging op sosiale media gekom.
Barnes, ‘n advokaat van beroep, het sy uittrede gister aangekondig en het gesê hy het na verlede week se wedstryd geweet dit is die regte tyd vir hom om te gaan. Hy het gesê hy gaan steeds ’n kampvegter wees vir skeidsregters en sal teen dreigemente en die boelie van skeidsregters staan.
— Wayne Barnes (@WayneBarnesRef) November 2, 2023
Bronne: IOL, X, eNCA, BBC
Lees ook: All Blacks soek antwoorde oor skeidsregter se besluite in finale wedstryd van RWB