Lees ook: Sowat 195 Palestyne oorlede na Israel vlugtelingkamp aanval
NIEU-SEELAND. – Die All Blacks-rugbyspan het ’n klag by Wêreldrugby ingedien oor die skeidsregting in die finale rugbywêreldbekerwedstryd.
Die Springbokke het naelskraaps 12-11 gewen en het die Wêreldbeker huis toe gebring.
Die All Blacks het 14 spelers vir die grootste deel van die wedstryd gehad na die kaptein, Sam Cane, met ’n rooi kaart vir ’n gevaarlike plettervat teen Jesse Kriel van die veld gestuur is.
Die All Blacks het gevra vir verduidelikings na Siya Kolisi slegs ’n geel kaart gekry het vir ’n “soortgelyke ‘tackle’ terwyl Sam Cane ’n rooi kaart ontvang het. Hulle het ook ’n probleem met die drie van Aaron Smith wat gekanselleer is oor ‘n aanslaan.
Ian Foster, All Blacks-afrigter, het gesê hulle het navraag oor die kwessies aan Wêreldrugby vir kommentaar gestuur.
Bronne: Planet Rugby, SuperSport, Puna
Lees ook: Sowat 195 Palestyne oorlede na Israel vlugtelingkamp aanval