Lees ook; Dodetal in Israel-Hamas-oorlog nou meer as 8 000
DE AAR, NOORD-KAAP.- ’n Tronkbewaarder is in hegtenis geneem na hy glo dwelms by ’n tronk op De Aar ingesmokkel het.
Volgens die polisiewoordvoerder is sers. Molefi Shemane (39) Sondag in hegtenis geneem terwyl hy op pad werk toe was. Hulle het inligting ontvang dat hy glo dwelms by die tronk insmokkel.
Hy is in hegtenis geneem met dagga, tik en geld in sy besit.
Shemane sal na verwagting vandag in die De Aar-landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, The Africa, SAPS



