Lees ook: ‘Dokter’ Lani in hegtenis geneem by hospitaal
JOHANNESBURG.- Die” fopdokter” Matthew Lani sal na verwagting vandag sy eerste verskyning in die Johannesburgse landdroshof maak.
Lani is Sondagaand by die Helen Joseph-hospitaal in hegtenis geneem toe hy met ’n stetoskoop toegang tot die hospitaal probeer kry het en deur die sekuriteitspersoneel voorgekeer is. Hy is aan die Brixton-polisie oorhandig na hy glo deur ‘n venster probeer vlug het. Lani het glo Vrydag video’s by die hospitaal gemaak en die personeel is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir hom.
Lani het op TikTok mediese raad gegee en produkte aan mense verkoop en het gesê hy is ’n dokter. Verskeie instansies het sy eise weerlê.
Die Gautengse departement van gesondheid het ’n saak teen Lani oopgemaak omdat hy voorgegee het hy is ‘n mediese dokter. Lani het beweer sy regte naam is Sanele Zingelwa, wat die naam is van ’n tweede jaar mediese interne by die Tembisa- provinsiale tersiêre hospitaal, wat ook ’n kriminele saak teen hom gemaak het.
Bronne: EWN, Jacaranda FM, IOL, News24



