‘Dokter’ Lani in hegtenis geneem by hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Anti-vaxxers’ blameer Covid-entstof vir Matthew Perry se dood

JOHANNESBURG. – Die ‘fopdokter’ Matthew Lani is gisteraand by die Helen Joseph-hospitaal in hegtenis geneem.

Lani is gevang na hy probeer vlug het ná hy met ’n stetoskoop by die hospitaal probeer ingaan het. Hy het glo van die sekuriteitspersoneel probeer vlug.

Lani het mediese advies en produkte op TikTok aangebied en het gesê hy het ’n mediese graad van Wits. Die universiteit het dit ontken, daar is geen rekord van Lani as ’n dokter nie. Hy het aanhou video’s plaas ten spyte hiervan en sy erkenning dat hy nie eintlik ’n dokter is nie.

Bronne: eNCA, ECR, Jacaranda FM

Lees ook: ‘Anti-vaxxers’ blameer Covid-entstof vir Matthew Perry se dood