‘Anti-vaxxers’ blameer Covid-entstof vir Matthew Perry se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Takealot gee R10 miljoen terug aan klante na Springbokke wêreldbeker wen

LOS ANGELES, VSA. – Kort na die nuus van die akteur Matthew Perry se dood bekend gemaak is, het anti-vaxxers die Covid-entstof vir sy dood blameer.

Perry (54) is Saterdag oorlede by sy huis na hy glo bewusteloos in die jacuzzi gevind is.

Anti-vaxxers het dadelik die Covid-entstof vir sy dood blameer en het verwys na ’n veldtog in 2021 waartydens hy ’n hemp aangehad het met die woorde “Could I be any more vaccinated?”.

Die oorsaak van Perry se dood is nog onbekend. Die nadoodse ondersoeker het gesê nog toetse word uitgevoer om vas te stel wat gebeur het. Dit is moontlik dat Perry verdrink het.

Bronne: Cape Talk, Rolling Stone, Manchester Evening News

Lees ook: Takealot gee R10 miljoen terug aan klante na Springbokke wêreldbeker wen