Lees ook: Verskeie weerwaarskuwings uitgereik vir vandag
Takealot sal na verwagting minstens R10 miljoen terugbetaal aan klante na die Springbokke die Wêreldbeker gewen het.
Voor die toernooi begin het, het Takealot ’n Samsung-promosie gehad met ’n lys kwalifiserende televisiestelle. Die promosie was dat klante wat die TV’s koop hulle geld sal terugkry indien die Springbokke die Wêreldbeker wen.
Takealot het aan News24 bevestig hulle sal R10 miljoen terugbetaal vir 867 televisiestelle wat deur 815 klante gekoop is. Hulle het gesê die terugbetalings sal outomaties deurgaan.
Bronne: Cape Talk, News24, My Broadband



