Vier ‘transitorowers’ deur polisie doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG en NOORDWES. -Vier beweerde transitorowers tussen die ouderdom van 30 en 45 is gistermiddag op Makau tydens ‘n skietery met die polisie noodlottig gewond.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê ‘n span bestaande uit wetstoepassingsagentskappe het op ‘n wenk van ‘n transitorooftog wat tussen Noordwes en Gauteng sou plaasvind, reageer.

Tydens die operasie op die N4 is die verdagte voertuig opgemerk waar dit in die rigting van Mmakau gedraai het. Toe die verdagtes die polisie opmerk, het ‘n hoëspoedjaagtog en oor-en-weer-skietery ontstaan. Die verdagtes het beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n heining gebots.

Vier van die verdagtes is tydens die insident doodgeskiet. Die polisie het drie ongelisensieerde vuurwapens, twee handwapens en ‘n geweer, op die toneel gevind en daarop beslag gelê.

Mogale sê die span is geprys vir die fnuik van die transitorooftog.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel