Renosters geskiet en horings gestroop

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Twee renosters van Pomo Estate in die Waterberg-distrik is Maandag in hul kamp geskiet en hul horings is gestroop.

Brig. Hlulani Mashaba sê die eienaar het die renosters Sondagoggend omstreeks 09:20 gesien en niks was fout nie.

Na bewering het ‘n werknemer die eienaar Maandagoggend omstreeks 09:35 gebel en verdagte voetspore wat hy opgemerk het, gerapporteer. Hy kon glo geen plek vind waar die omheining geknip was nie. In die renosterkamp is op die twee renosters wat vir hul horings geskiet is en net so gelos is om dood te gaan, afgekom.

‘n Saak van renosterstropery word deur die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek.

Enigiemand met inligting word gevra om speur.AO Jurg van Heerden by 082 414 2337 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel