Lees ook: ‘Dr. Matthew Lani’ na verwagting vandag in hof
JOHANNESBURG. – Die saak teen “dr. Matthew Lani” is van die hofrol geskrap en hy is vrygelaat.
Lani, wat homself as ’n dokter op TikTok voorgedoen het, is Sondag by die Helen Joseph-hospitaal in hegtenis geneem. Lani het vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagtes dat hy hom as ’n dokter voordoen.
Die saak teen hom is laat vaar met die NVG wat sê daar is geen bewyse wat hom aan enige sake verbind nie.
Bronne: EWN, IOL, Jacaranda FM



