Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog nou meer as 8 000
BETHLEHEM, VRYSTAAT. – ’n Man is in hegtenis geneem na hy glo sy vrou (21) op die Morning Glory-plaas naby Bethlehem doodgeslaan het.
Die vrou se liggaam is Sondag in ’n oop veld gekry met bloed op haar gesig en ’n wond aan haar voorkop. Sy is op die toneel dood verklaar.
Die polisie het haar man (38) in hegtenis geneem vir haar moord. Hy sal na verwagting vandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, News365, DFA



