Ongedokumenteerde buitelanders in hegtenis wat moontlik vergiftigde kos verkoop

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Dr. Matthew Lani’ na verwagting vandag in hof

KWAZULU-NATAL. – Twee ongedokumenteerde buitelanders is gister in hegtenis geneem na dit bevind is hulle verkoop kos wat moontlik vergiftig is.

Dit volg na inspekteurs van die regering buitelanders se spazawinkels vir moontlike onveilige en vergiftigde kos deursoek het.

Plaaslike spazawinkeleienaars het hulle kommer uitgespreek dat hulle besigheid verloor as gevolg van ’n “sindikaat” wat die spazawinkelbedryf oorneem.

Gebruikers het ook hulle kommer oor hulle veiligheid en die veiligheid van hulle kinders gelug, veral na kinders in verskeie provinsies in hospitale opgeneem is na hulle kos by spazawinkels gekoop het.

Die regering het gesê hulle gaan aanhou om die winkels van buitelanders te besoek en om wettige entrepreneurs te ondersteun.

Bronne: IOL, The Africa, VN Explorer

Lees ook: ‘Dr. Matthew Lani’ na verwagting vandag in hof