Matthew Perry van ‘Friends’ sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Matthew Perry, bekend vir sy rol as Chandler Bing in die 1990’s sitkom Friends, het in die ouderdom van 54 by sy huis in Los Angeles gesterf.

Volgens beriggewing het hy vermoedelik verdrink.

Hy het in die oggendure na pickleball tuis gekom en sy assistent gestuur om ‘n taak te verrig. Sy assistent het hom twee uur later bewusteloos aangetref en hulp ontbied.

Volgens beriggewing is hy in sy jacuzzi gevind. Geen vuilspel word vermoed nie. Daar word pertinent genoem geen dwelmmiddels is op die toneel gevind nie.

Perry was nooit getroud nie, maar het verlede jaar ‘n biografie vrygestel waarin hy oor sy lewensprobleme, onder andere sy gewig, geskryf het.

Medelye uit Hollywood stroom na sy afsterwe in.

Bron TMZ, Sky News, NBC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel