Die Springbokke se blydskap het gisteraand in Frankryk geen perke geken toe die Web Ellis-trofee aan die rugbykampioene van die wêreld oorhandig is nie. President Cyril Ramaphosa was tydens die oorhandiging by die span.
Siya Kolisi het die Rugbywêreldbeker-trofee vir die tweede keer as kaptein namens sy span en land omhoog gehou. Die Springbokke het die All Blacks met ‘n enkele punt na ‘n titaniese stryd geklop.
Pieter-Steph du Toit is as speler van die wedstryd aangewys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



